E Copy

Date:

Wessels vertoon goed by liefdadigheidsgala

RUFUS BOTHA 

Reynard Wessels het weliswaar 'n paar beseringspoke gehad wat hom al goed rondgejaag het, maar soos hierdie knap swemmer van die Bloemfontein Otters-klub Saterdag by die tussenklub-liefdadigheidsgala in Bloemfontein vertoon het, is hy gereed om eerder vroeër as later op nasionale vlak amok te maak. 

Wessels het in die senior nommers (17 jaar plus) vier puik oorwinnings behaal en ook in tye wat nie te versmaai is nie.

Hy het die 50m-vlinderslag in 'n haastige 24,90 beklink terwyl Reynier Pretorius (Kovsies, 27,23) tweede was. 

Wessels het die 50m-vryslag gewen in nóg 'n haastige tyd van 23,51. Pretorius was weer tweede en dié keer presies twee sekondes agter Wessels.

In die 100m-vlinderslag het Wessels weer eens gewen (58,07) en sodoende die tweede swemmer, Wesley Schutte (Seals, 1:03,98), met meer as vyf sekondes geklop. 

Wessels se vierde oorwinning het gekom in die 100m-vryslag waar hy in 'n blitsige 52,80 die kant geraak het. Hier moes Pretorius (54,79), wat 'n besige dag beleef het, weer tweede viool speel. Hy was bykans twee sekondes agter Wessels. 

Onder die vroue (17 jaar plus) het Marné Frylinck (Kovsies) en Anna-Lotte Retief (Otters) elk 'n goue driekuns behaal. 

Frylinck het mooi oorwinnings behaal in die 100m-borsslag (1:20,01), 100m-rugslag (1:12:38) en 100m-vryslag (1:02,46). 

Retief het op haar beurt die 50m-vlinderslag (130,68), 50m-vryslag (29,22) en 100m-vlinderslag haar eie gemaak.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...