SABRINA DEAN – Dit blyk of inwoners in die hoogliggende noordelikke voorstede van Bloemfontein teen middagete hopelik weer water in hulle krane sal hê.
DA raadslid Rossouw Botes sê volgens inligting wat vanoggend aan hom verskaf is, is die gebreekte pomp by Maselspoort tydelik herstel en as alles volgens plan loop behoort van die inwoners van Kiepersol, Heliconhoogte en Pentagonpark water te kry teen vanmiddag.
Hy sê die Arboretum-reservoir word tans volgemaak.
Munispale woordvoerder Qondile Khedama kon nog nie in hierdie stadium vir kommentaar bereik word nie.
Date: