E Copy

Date:

VS: Pa en stiefma huur glo verdagtes om seun dood te skiet

‘n Pa en stiefma wat vermoedelik twee persone gehuur het om hulle 17-jarige seun dood te skiet, sal na verwagting op 18 Januarie in die Thaba Nchu-landdroshof om borgtog aansoek doen.

Polisiewoordvoerder, Martin Xuma, sê Kearabetswe Leteane is op 5 April verlede jaar, nadat hy van ‘n sokker-oefening teruggekeer het, in sy pa se huis in Gladstone Trust om die lewe gebring. Hy sê ‘n onbekende man het om 19:10 in die kamer gekom en Leteane een keer in die bors, kop en sy geskiet. Hy sê ‘n trio-taakspan van Selosesha het verlede Donderdag Leteane se biologiese pa, stiefma, en ‘n 52-jarige vrou in verband met die moord in hegtenis geneem. Xuma sê die 31-jarige Kgwediyamorena Sefuthi van Lesotho, wat glo die sneller getrek het, is die volgende dag aangekeer.

Xuma sê die pa van die oorledene en ‘n afgetrede onderwyser, Teboho Molatole (45), die stiefma, Monkie Kelebogile Molatole (48), die 52-jarige Mampho Ranthimu, wat glo die sluipmoordenaar gehuur het, het almal hierdie week in die plaaslike landdroshof verskyn waar die saak vir verdere ondersoek uitgestel is.

Hy sê die pistool wat in Sefuthi se besit gevind is en glo gebruik is om Leteane te skiet, is na ‘n forensiese laboratorium in Pretoria gestuur vir ballistiese toetse.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Mark Steenbok / OFM News

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...