E Copy

Date:

Eunice-meisie is beste in provinsie

LANI FOUCHÉ – Anje Venter van Eunice Girls’ High School in Bloemfontein, is as die Vrystaat se topmatrikulant aangewys.

Eunice is ook aangewys as die topskool in wiskunde en fisiese wetenskappe in die provinsie.

Die Vrystaatse onderwysdepartement het die aankonding gemaak by sy jaarlikse geleentheid ter ere van die provinsie se top 100- matrikulante, wat by die Boet Troskiesaal op die kampus van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein gehou word.

Bloemfontein Courant se Lani Fouché het vanoggend met Venter gesels. Venter sê haar ouers is baie trots op haar tien onderskeidings. "Dit is te danke aan hulle; my ouers het my nog altyd ondersteun," sê sy.

Die premier van die Vrystaat, Ace Magashule, sowel as die LUR vir onderwys, Tate Makgoe, het die seremonie bygewoon.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Maandagaand bekendgemaak dat 78.2% van die land se matrieks die 2013- eindeksamen geslaag het.

Die Vrystaat, met 87.4% het die beste gevaar.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...