E Copy

Date:

Zola laat mans op hul neus kyk in marathon in VSA

RUFUS BOTHA

Die oud-Bloemfonteiner en een van Suid-Afrika se beste atlete van alle tye, Zola Budd (Myrtle Beach) het Saterdag in Columbia, die hoofstad van die Amerikaanse staat, South Carolina op die rype ouderdom van 48-jaar weer ‘n vertoning opgedis wat wenkbroue laat lig het.

Budd het die aangetree vir die 2015 Run Hard Columbia marathon (42,2 km) in weersomstandigehede waar ‘n stomende koppie koffie in die bed baie meer aantreklik was. Die temperatuur met wegspringtyd was goed onder vriespunt en het nie veel warmer geword tydens die wedloop nie.

Uit die sowat 300 atlete wat die ysige weer aangedurf het en 288 wat uiteindelik die wedloop voltooi het, het Budd ‘n bykans ongelooflike algehele negende plek losgehardloop. Haar tyd was ‘n skitterende 3:05:26, veral haar ouderdom in ag geneem. Terloops, die 279 atlete wat sy agterweë gelaat het sluit in alle ouderdomsgroepe, seniormans- en vroue inkluis.

Tref jy nog ‘n paar vergelykings was daar byvoorbeeld nie een van die agt manne wat voor haar geëindig het wat ouer as sy is nie. Die naaste man aan Budd se ouderdom wat voor haar kon klaarmaak was die vyfde man wat 43-jaar is en in 3:02:53 oor die eindstreep gedraf. Hy was boonop skrale drie minute en ‘n klompie sekondes voor Budd.

Die tweede vrou in die wedloop was die 29-jarige Elizabeth Crosby (Columbia, 3:17:26) wat presies 12-minute agter Budd geëindig het.
Die eerste man wat in dieselfde ouderdomsgroep as Budd deelneem, (45 tot 49 jaar), TY Thomas (Lexington, 3:12:12) was self meer as sewe minute agter Budd.

Budd het in ‘n onderhoud aan Courant gesê dat sy vanjaar nie gaan deelneem aan die Twee Oseane-ultramarathon (56 km, Kaapstad) en ook nie aan die moordende Comrades-ultramarathon (89 km, Durban) nie. “Ek wil my voorberei vir ‘n goeie marathonwedloop in Oktober of November en die kanse is goed dat dit in Suid-Afrika gaan wees,” het sy bygevoeg.

Budd het verlede jaar by die Comrades-wedloop een van die voorste vertonings in die geskiedenis van dié uitmergelende wedloop gelewer toe sy op 47-jarige ouderdom sewende onder die vroue was en ‘n skitterende tyd van 6:55:55 aangeteken het.

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...