E Copy

Date:

Van Niekerk en Cronjé trap klei in Europa

RUFUS BOTHA

Die Kovsies se twee Suid-Afrikaanse rekordhouers, Wayde van Niekerk (400 m) en Johan Cronjé (1500 m) het die afgelope week behoorlik klei getrap by uitsoekbyeenkomste in Europa. Dit, gemeet aan hulle eie standaarde.

Van Niekerk, wat vanjaar ‘n skitterende seisoen beleef was Donderdagaand by die IAAF-Diamantligabyeenkoms in Zurich (Switserland) in aksie en hierdie byeenkoms is alombekend as ‘n mini-Olimpiese-spele.

Hy besluit toe om by dié byeenkoms een van sy swakste wedlope van die jaar op te dis en eindig in die 400 m slegs sesde in ‘n verswygbare 45,46 – weer eens gemeet aan sy eie puik vertonings gedurende die jaar.

Van Niekerk het in Junie in New York meer as ‘n sekonde vinniger as in Zurich genael toe hy die Suid-Afrikaanse rekord op 44,38 te staan laat kom het. En, ‘n sekonde in ‘n 400 m is die spreekwoordelike ligjare stadiger.

In Zurich het LaShawn Merrit (VSA, 44,36) geseëvier en is gevolg deur Gil Roberts (VSA, 44,96). Van Niekerk se 400 m-buurman van Botswana, Isaac Makwala het in Zurich nie veel vinniger vertoon as sy beste vanjaar (44,01) nie.

Die yster van Botswana het egter probeer om op die podium te verskyn, en hy het – derde in 45,03. Dit is iets wat mens nie van Van Niekerk in Zurich kan sê nie. Hy was lusteloos.

Van Niekerk het egter ‘n paar dae tyd om hom reg te ruk voor hy vir die Afrika-vasteland in Marrakech (13 – 14 September) in aksie gaan wees by die Wêreldbekerbyeenkoms.

Gepraat van lusteloos – Cronjé het Sondag by die Diamantliga-byeenkoms in Berlyn (Duitsland) ewe energieloos gelyk.

Hy was in die 1500 m in aksie en hoewel die voorste manne nie wêreldklastye afgelê het nie, kon Cronjé geen teenstand bied met sy tiende plek in ‘n stadige 3:37,27 nie. Hy het van meet af aan agterlangs verkeer.

Mekonnen Gebremedhin (Ethiopië) het gewen in 3:33,24. Kort op sy hakke was Aman Wote (Ethiopië, 3:33,32) en Vincent Kibet (Kenia, 3:33,58).

¦ Een Suid-Afrikaner wat nie sukkel met die lang buitelandse seisoen nie, (indien mens dit kan gebruik as verskoning vir Van Niekerk en Cronjé se swak vertonings) is Cornel Fredericks.

Hierdie Pretonianer gaan van krag-tot-krag en het in Zurich (400 m-hekkies) soos ‘n valk op die wêreldbestes van agter afgepyl om uiteindelik ‘n wêreldklasoorwinning in 48,25 te verseker. Hy het die Amerikaner, Michael Tinsley (48,31) en Javier Culson (Puerto Rico, 48,53) net voor die eindstreep verbygenael.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...