Twee taxi-ongelukke eis twaalf lewens

0
1903
Foto: Trauma Response
Twee mense, waaronder ‘n 18 maande oue baba, se lewens is geëis toe ‘n taxibestuurder gister omstreeks 18:00 beheer oor sy voertuig verloor het naby Winburg en Verkeerdevlei in die Vrystaat.

Volgens polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, het die passasiers ligte tot ernstige beserings opgedoen en is hulle na drie verskillende hospitale geneem. ‘n Betroubare bron het aan OFM-nuus gesê dat die taxi gerol het en in ‘n rivier beland het. Die mense was glo in die taxi vasgekeer. In hierdie stadium is die oorsaak van die ongeluk nog onbekend, maar polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Nóg tien mense gistermiddag dood toe ‘n taxi op die N1, tussen Xhariep-dam en Colesberg, naby die brug oor die Oranjerivier, omgeslaan het.

Volgens polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, het die taxi vir ‘n ystervark uitgeswaai toe hy beheer van sy voertuig verloor het. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag. Vrystaat LUR van Polisie, Paaie en Vervoer, Sam Mashinini, sê motoriste moet versigtig op paaie wees.

Hy voeg by dat hulle steeds met die familie van die oorledenes in aanraking probeer kom om die lyke te identifiseer.

Josca Human / OFM-nuus