Betogers versper Dewetsdorp-pad

0
1087
Protesaksie is vanoggend tussen Dewetsdorp en Bloemfontein op die R702 gerapporteer.

Volgens polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, het sowat 100 jongmense die pad met klippe en brandende bande versper. Sy sê hulle betoog glo oor swak dienslewering. Mpakane voeg by dat ‘n groep mans die hoofpad versper het, maar die polisie kon daarin slaag om die betogers uiteen te jaag.

Sy sê in hierdie stadium is die situasie kalm, maar die polisie vra motoriste om versigtig te wees en om alternatiewe roetes te probeer neem. Mpakane sê groepe mense staan nog steeds rond.

Josca Human / OFMNuus