E Copy

Date:

FOTO’S: Sentraal besoek Tswellang-boccia-kampioene

Leerders van die Hoërskool Sentraal se Akademiese Vereniging (AV) het onlangs Tswellang- Spesiale Skool besoek as deel van hul uitreik/fondsinsameling-projek nadat die vereniging bewus geword het van behoeftige boccia-spelers. Twee van Tswellang se spelers, Karabo Morapedi en Molipa Masoetsa, is verlede jaar in die Vrystaat-boccia-span opgeneem om die provinsie in die Aprilvakansie op die nasionale kampioenskap in Bloemfontein te verteenwoordig.

boccia
boccia

Die AV-leerders het Tswellang se uitdaging as ‘n geleentheid gesien en besluit om die spelers te ontmoet en self ook die spel (wat ook bekend staan as ‘rolbal vir gestremdes’) aan te durf. Ten spyte van taalgrense het leerders spontaan met mekaar gekommunikeer en die oomblik baie geniet. Rozanne Loots, Tswellang se arbeidsterapeut en boccia-afrigter, vertel dat die spelers nie uitgepraat kan raak oor hierdie spesiale besoek aan hul skool nie.

20160217_142326-01
Die span se behoeftes beloop ongeveer R1500 om onder meer inskrywingsgelde en om nuwe tekkies, verteenwoordigende Vrystaat-sweetpakke en T-hemde aan te koop. AV-lede is tans besig om koppe bymekaar te sit om fondse te genereer en die spelers se drome te verwesenlik. Enige persoon wat ‘n bydrae aan die spelers wil maak kan die skool kontak by 051-432-3975.

20160217_143403-01

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...