Tsoseletso-leerders tuis ná uitruilbesoek

0
2225
Ses graad 12-leerders van Tsoseletso Hoërskoool het pas teruggekeer van 'n uitruilprogram in Duitsland.Hier is, agter: Moeletsi Koloko, Elna van Rensburg (Duits-onderwyseres), Tshidiso Motlolometsi (skoolhoof), Boitumelo Mogala en Kgomotso Mojahi. Voor is: Masello Murashane, Boichoko Seithleko, Reginald Moshou en Boitumelo Duda. FOTO: DANIEL XANGAZA/DAILY SUN

Ses graad 12-leerders van Tsoseletso Hoërskool het pas teruggekeer van ‘n maand lange uitruilprogram in Duitsland.
Moeletsi Koloko, Boitumelo Mogala, Kgomotso Mojahi, Masello Murashane, Boichoko Seithleko, Reginald Moshou en Boitumelo Duda was van 9 Desember verlede jaar af tot 10 Januarie deel van die FSA Youth Exchange. Hulle het die tyd saam met hul gasfamilies in Berlyn, Schneeberg, Nürnberg, Mogendorf en Hamburg deurgebring en só ‘n blik op die Duitse Alltag, kultuur, skoolstelsel en ‘n wit Kersfees gekry. Die groep is geborg deur die premier van die Vrystaat, Ace Magashule, asook deur Deena en Revi Pillay van TAD Consultancy & Services.
Die sewende Graad 12-leerder, Kgomotso Mojahi, het in Junie 2015 ‘n taalkursus in Duits aan die Goethe Instituut in München bygewoon. Haar reis is geborg deur die Giesecke & Devrient Stiftung in München.
Sover het 33 leerders van Tsoseletso wat Duits neem, reeds die geleentheid gehad om na Duitsland te reis vir hierdie lewensverrykende ervaring.
Die skool se Duits-onderwyser, Elna van Rensburg, was ook bevoorreg om ‘n taalkursus in Duits aan die Goethe Instituut in Schwäbisch Hall, Duitsland, te kon bywoon.