E Copy

Date:

Scholtz neem die Shimlas leisels oor

GEORG VAN ECK

Die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat het die gedugte taak om sy Varsitybeker-rugbytitel in 2016 suksesvol te verdedig sonder sy hoofafrigter van die afgelope sesoen, die voormalige Springbok-agterspeler, Franco Smith.

Smith, wat nou die Toyota Cheetahs in die Superrugby- en die Vrystaat-Cheetahs in die Curriebeker-reeks brei, word egter deur nou ’n oud-Bok-voorspeler as hoofafrigter by die Shimlas vervang.

“Ons kan reeds aankondig dat Hendro Scholtz as die nuwe hoofafrigter van die Shimlas aangestel is. Die res van die afrigtingspan sal later bekendgemaak word,” het Jaco Swanepoel, hoof van rugby by die Kovsies gesê.

Swanepoel was ook lid van Smith se afrigtingspan die afgelope seisoen by die Shimlas en sal waarskynlik weer as agterlynbreier van die studente ingespan word.

Scholtz, voormalige Bok-losvoorspeler, was ook lid van die suksesvolle Shimlas-breiergroep en hy sal waarskynlik die spelpatroon, dissipline en tradisies van die suksesvolste Shimlas nog in die mededingende Varsitybeker-kompetisie laat voortleef.

“Die eerste oefengroep vir die Varitybeker aanstaande jaar begin reeds die laaste week in Oktober voorberei vir die taai seisoen. Nog spelers sal hulle die eerste week van November by die oefengroep aansluit,” het Swanepoel verduidelik.

Een van die struikelblokke wat die Shimlas aanstaande jaar sal moet oorkom wanneer hulle hul titel verdedig, is die moeiliker wedstrydprogram. “Ons het net drie tuiswedstryde en een van hulle is SUT (Ixias). Van die wedstryde teen die sterkste spanne soos  Maties (US), Ikeys (UK), Tuks (UP) en Pukke (NWU) is almal weg,” het Swanepoel gesê.

Die Kovsies het ’n groot getal jong spelers, wat die afgelope seisoen vir die Vrystaat-Cheetahs in die Curriebeker-reeks, en die nasionale o.19 en 0.20-kompetisies diens gedoen het. Shimlas kan egter nie op die talentvolle spelers staatmaak nie.

“Alles hang van hul akademiese prestasies af. In die verlede het ons ook op jong spelers staatgemaak, maar dan kom hulle nie die mas akademies op nie en mag hulle nie in die Varsitybeker-reeks speel nie,” het Swanepoel verduidelik.

Soos met die ander Varsitybeker-span van die Vrystaat en Bloemfontein, Ixias, sal die Shimlas eers na die November-eksamen ’n deeglike voorraadopname kan maak.

Nog ’n probeem is dat Smith as die Vrystaat-Cheetahs afrigter baie van die Shimlas se Varsitybeker-spelers van die afgelope seisoen met groot sukses in die Curriebeker-reeks ingespan het. Die Vrystaters het juis verlede Saterdag 34-34 gelykop teen die Haaie gespeel en deurgedring na die halfeindrondte van die Curriebeker-reeks teen die onoorwonne voorlopers die Goue Leeus op Ellispark in Johannesburg.

Van die Vrystaatse spelers kan ook ingesluit word in die Toyota Cheetahs se Superrugby-groep onder leiding van Smith. Gebeur dit, sal die spelers nie vir Shimlas speel nie.

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Second truck carrying suspected stolen Centlec infrastructure intercepted on N1

A 43-year-old truck driver was arrested on the N1...

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...