E Copy

Date:

Padwedloopseisoen sal onthou word vir Zola se Comrades vir Pierre Korkie

RUFUS BOTHA

Die voormalige wêreld-veldwedloopkampioen, Zola Budd, sal altyd onthou word as ‘n Bloemfonteiner al is haar tuiste deesdae in Suid- Carolina (VSA).

Wat ook lank onthou sal word, is dat Budd vanjaar ‘n skitterende Comrades-ultramarathon gehardloop het en vooraf dié wedloop aan haar groot vriend en voormalige afrigter, Pierre Korkie, opgedra het.

Korkie, wat Budd afgerig het in 1988 en 1989, is sedert Mei 2013 deur Al-Kaïda in Jemen gevange gehou en Saterdag dood tydens ‘n ontsettingspoging deur Amerikaanse spesiale magte.

Budd het Saterdag ná sy van Korkie se dood te hore gekom het in ‘n e-pos aan Courant gesê dat dit “baie hartseer” is. Nadat Budd met Yolande Korkie (Pierre se vrou) gesels het, het sy (Budd) vanjaar se Comrades-wedloop aan hom opgedra en dit aan die media bekend gemaak. Sy het bewusmaking bewerkstellig deur met ‘n geel lint deel te neem. Honderde ander Comrades-atlete het haar voorbeeld gevolg.

Budd het die aand ná die Comrades aan Courant gesê: “Ek het met sowat 30km einde toe dit oorweeg om tou op te gooi, maar ek het daaraan gedink dat ek my wedloop in die media opgedra het aan my vriend Pierre Korkie. Dit het my laat deurdruk en na sowat 20 minute het ek beter begin voel en kon ek klaarmaak”.

Klaarmaak het sy gewis, in ‘n skitterende algehele sewende plek onder die vroue. Budd het haar die doelwit gestel om onder agt ure te hardloop. Sy het voor die wedloop gesê ‘n silwermedalje (onder 7:30) sou ‘n bonus wees. Maar, dié tenger atletieklegende het in ‘n uitstekende 6:55:55 oor die eindstreep gehardloop.  Die 48-jarige Budd was die enigste vrou ouer as 40 jaar wat onder die top-10 kon eindig.

* Paulina Njeya (Toyota) het vanjaar haar naam onderstreep as die voorste seniorvroue ultramarathon- en marathon (42,2 km) atleet wat die Vrystaat nog opgelewer het. Die 36-jarige Njeya was Suid-Afrika se eerste vrou oor die eindstreep by vanjaar se Twee Oseane-ultramarathon (56 km) in Kaapstad. Sy het met die beste vertoning van loopbaan vorendag gekom om algeheel vyfde te eindig.  Slegs twee Russe, ‘n Ethiopiër en ‘n Lesotho-inwoner kon Njeya wat 3:50:48 aangeteken het, troef.

* Die 73-jarige Willemien Smuts het vanjaar ook die Vrystaat se vaandel hoog laat wapper toe sy die einste Twee Oseane-wedloop vir die 22ste keer voltooi het. Sy was die enigste atleet onder die skoner geslag wat ouer as 70 jaar is wat onder die toelaatbare tyd (7 ure) klaargemaak het. Met haar puik tyd van 6:09:14 was sy reeds meer as 50 minute uitgerus toe die skoot geklap het vir die eindtyd.

* Die 60-jarige Antony Nyabanyaba het in die afdeling vir mans 60 tot 69-jaar koning gekraai in ? goeie tyd van 4:22:15. Hy het sodoende sy 19de Twee Oseane voltooi.

* Louis Massyn het vir die 42ste agtereenvolgende keer die Comrades-marathon voltooi. Hy en die langasem van Gauteng, Barry Holland hou gesamentllik die “rekord” van 42 agtereenvolgende Comrades-wedlope.

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...