E Copy

Date:

Wayde, die koning van Vrystaat atletiek in 2014

RUFUS BOTHA

Die 22-jarige blits van Bloemfontein, Wayde van Niekerk (Kovsies), was vanjaar ongetwyfeld die beste atleet wat die Vrystaat op wêreld-atletiekbane verteenwoordig het.

Hierdie oudskolier van die Hoërskool Grey-kollege het ‘n ongekende jaar beleef. Van Niekerk het die silwermedalje by die Statebondspele in die 400m vir Suid-Afrika gewen en het ook silwer ingepalm by die Afrika-atletiekkampioenskap in Marokko.Toe kom hy met sy groot veggees en hardloop wat verskeie atletiekkenners beskou as sy beste wedloop ooit – die 4x400m-aflos by die Kontinentale kampioenskap (ook in Marokko).

Hy het die laaste skof vir Afrika aangedurf en met die VSA en Europa in dié wedloop is vooraf verwag dat ‘n bronsmedalje uitmuntend vir Afrika sou wees. Maar Van Niekerk het ander planne gehad en hom oudergewoonte nie aan groot name gesteur nie. Hy het tydens die laaste skof van agter af gekom en goud vir Afrika beklink, iets wat geen Afrikaspan voorheen kon vermag nie. Van Niekerk het hom vroeër vanjaar in New York gevestig as die land se vinnigste 400m-atleet van alle tye toe hy die Suid-Afrikaanse rekord (44,59) wat 15 jaar lank stof vergader het met ‘n skitterende 44,38 vervang het. Hierdie tyd maak van hom die vyfde vinnigste 400m-atleet ter wêreld in 2014.

Hy het boonop gewys dat daar niks met sy vaart skort oor die korter 200m skort nie en het in Switserland hierdie afstand in 20,19 afgelê. Dit is op drie na die vinnigste tyd ooit deur ‘n Suid-Afrikaner in die 200m.

Van Niekerk is in November aangewys as die Vrystaatse Sportmedia se Sportster van die Jaar en onder sterk aanspraakmakers soos Willie le Roux en Cornal Hendriks (rugby) en die Protea-krieketspeler, Ryan McLaren.

Johan Cronjé (Kovsies), wat verlede jaar se Vrystaatse Sportmedia se Sportster van die Jaar was, het weer ‘n kookwaterseisoen beleef. Hy het by die Statebondspele ‘n goeie vierde plek in die 1500m losgehardloop, maar sy jaar is gekenmerk deur sy uitstekende mylwedloop wat hy in Mei by die Diamantliga-byeenkoms in Eugene, Oregon gehardloop het.

Cronjé het teen die wêreld se bestes te staan gekom en hoewel hy nie ‘n podiumplek kon behaal nie, het hy die geleentheid uitgebuit om die 27 jaar oue Suid-Afrikaanse mylrekord van Johan Fourie (3:50,82) te verbeter na 3:50, 70.

Onder die Vrystaatse jeug (onder 18)-atlete het die blits van die Hoërskool Louis Botha, Ronald Rakaku, deeglik van hom laat kennis neem. Hy het hom bewys as die vinnigste jeugatleet in Afrika toe hy goud gebuit het by die Afrika-jeugspele. Dit nadat hy ook as vinnigste jeugatleet in Suid-Afrika gekroon is.

Rakaku se beste tyd (10,49) maak van hom die tiende vinnigste jeugatleet wat Suid-Afrika ooit opgelewer het. Dié tyd is ook die 16de vinnigste tyd (2014) in die wêreld vir jeugatlete.

Interessant is dat van die 15 manne wat vinniger as Rakaku genael het, ses afkomstig is van Jamaika en vyf van die VSA. Die ander vier is van Australië (twee), Denemarke en Japan.

Die Hoërskool Sentraal se Nadia Meiring het onder die skoner geslag in die jeugafdeling haar kant goed vir die Vrystaat gebring. Sy het in die hamergooi ‘n mooi tweedeplek by die Afrika-jeugspele behaal asook die beste afstand (57,69) ooit deur ‘n Suid-Afrikaanse meisie in die jeugafdeling met die 3 kilogram-gewig.

Daar moet egter nog baie water in die see loop voordat Suid-Afrikaanse jeug (meisies) die bestes in die wêreld slapelose nagte gaan besorg. Meiring se beste afstand is 16,28 meter kort van vanjaar se beste gooi wat die Hongaar, Zsófia Bácskay (73,97) die wêreld se nommer een gemaak het.

info@bloemfonteincourant.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Pothole damage? How to save your rims and claim from SANRAL

If your car’s taken a nasty jolt or started...

MMM joins forces with SANDF to boost traffic department efficiency

The Mangaung Metropolitan Municipality has announced what it calls...

Sinbad bied familievermaak in die Scaena-repetisielokaal

Die klassieke verhaal van Sinbad kry van 14 tot...

Tuckshop owners to verify operating consent letters this week

The Mangaung Metropolitan Municipality has made a call to...