E Copy

Date:

Onwettige aborsies in Bloemfontein ‘n groot probleem

‘n Man wat hom glo as ‘n dokter voorgedoen het en na bewering onwettige aborsies in die Bloemfonteinse middestad uitgevoer het, sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die polisie se soek-en-opsporingseenheid het Woensdag ‘n 32-jarige Nigeriese man ná ‘n uitgebreide ondersoek in ‘n lokval aangekeer. Hy sê ‘n polisiebeampte het haar voorgedoen as ‘n voornemende kliënt wat haar swangerskap wou beëindig. Sy het die man, wat gesê het hy is ‘n arts en dat hy gemagtig is om aborsies uit te voer, by ‘n afgespreekte plek in die stad ontmoet.

Die verdagte was onbewus dat die vrou ‘n polisiebeampte is. Hy het vyf aborsiepille, wat gebruik word om ‘n swangerskap te beëindig, aan haar gegee. Daarmee saam het die verdagte aangedring dat die polisiebeampte, wat voorgedoen het dat sy swanger is, onmiddellik R500 betaal. Ander polisiebeamptes, wat die ontmoeting in ‘n parkeerterrein op ‘n afstand fyn dopgehou het, was vinnig om die man in hegtenis te neem nadat hy die R500 ontvang het.

Marope sê die inhegtenisneming is een stap nader aan die polisie se stryd om onwettige aborsies in die stad te beëindig. Volgens hom hanteer die polisie weekliks voorvalle van fetusse wat weggegooi word. Hy sê dit is die gevolg van mense wat hulle voordoen as dokters wat aborsies uitvoer en pille verkoop om swangerskappe te beëindig. – Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...