E Copy

Date:

Bloemfontein – Boere juig oor die goeie reën.

 

‘n Dankbare boer van Bultfontein, Michris Janse van Rensburg, sê goeie reën is nooit té laat nie. Hy sê dit het sedert Maandag tot en met vanoggend sowat 113mm op sy plaas in die distrik gereën.

Hy sê hy was Maandag bekommerd en sonder hoop dat sy sonnebloem-oes weens die droogtetoestande gaan misluk, maar toe begin dit reën.

Janse van Rensburg sê sy sonneblom-oes baat vir seker by die milde reën. Hy sê dié reën gaan nie nou meer help vir die groei van natuurlike weiding nie, maar daar is op die lange duur steeds hoop. “As jy vat waardeur ons (boere) die afgelope seisoen is, kan ‘n mens net dankbaar wees.”

Die gras gaan nie baie vog deur die winter absorbeer nie, maar dit behoort vroeër in Augustus uit te loop, sê hy. Boere fokus nou op kos vir hul diere met die winter wat om die draai is.

Janse van Rensburg sê sy sonneblom-oes se vogbehoefte was so groot twee weke gelede dat die meer as 30mm reën wat toé geval het, vinnig geabsorbeer is. Die goeie reën vandeesweek het net betyds gekom om sy oes te red. – Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...