E Copy

Date:

Geen reën word vir die volgende paar weke voorspel

Reëntoestande begin opklaar in die sentrale deel van die land. ‘n Weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê daar is geen reënvooruitsigte volgende week in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes nie. Dit kom nadat verskeie gebiede in droogtegeteisterde dele van die sentrale binneland die afgelope drie dae goeie reën ontvang het. Rossouw sê dié goeie reënneerslae was weens ‘n hoogdrukstelsel vanaf die noord-oostelike deel van die land wat aan die oppervlakte in die suid-oostelike deel van die land gevestig was. Vog het inbeweeg by Upington wat reënneerslae tussen 35mm en 50mm in dele van die Noord-Kaap, in die sentrale deel van die Vrystaat, en dele van Noordwes veroorsaak het. Dit is egter besig om op te klaar.

Die gunstige reëntoestande gaan nou meer oor Botswana, die noord-oostelike deel van Noordwes en teen vanaand oor Gauteng voorkom. Daarmee saam kan warmer en sonnige weerstoestande teen môre oor die sentrale deel van die binneland ontwikkel. Temperature gaan geleidelik met tussen 4°C (grade Celsius) en 5°C toeneem. Rossouw sê teen Sondag gaan die kwik ook met tussen 3°C en 4°C styg, met temperature wat in die hoë twintigs gaan wees. Teen volgende week kan die temperatuur selfs styg tot in die lae dertigs, sê Rossouw.

Rossouw glo boere het vanoggend ‘n huppel in hul stap danksy die goeie reën wat die afgelope week in gebiede gemeet is waar min of geen reën vanjaar geval het nie. Hy voorspel egter geen reën in die volgende twee weke in die sentrale deel van die land nie.

Rossouw sê die noord-oostelike deel van die Noord-Kaap het goeie reën gehad. In Kuruman het dit die afgelope 24 uur altesaam 65mm gereën. Dele in Noordwes, wat swaar gebuk gegaan het onder die droogte, het ook reën gehad. In Taung het dit 26mm gereën. In Vryburg is 19mm reën gemeet. – Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...

Faf gereed vir Cheetahs-debuut teen ou span

Die gesoute Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal Sondag sy...

Pencil In: 16 July 2026

Dates to pencil in... 16 July: Unwind after a long day...

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...