E Copy

Date:

Oneer aan JBM Hertzog

CHRISTAL-LIZE MULLER

Genl. JBM (James Barry Munnik ) Hertzog, voormalige eerste minister van die Unie van Suid-Afrika, se nagedagtenis word oneer aangedoen met die naamsverandering van die koshuis op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus wat na hom vernoem is. So meen Pieter Coetzer, voormalige emeritusprofessor aan die Instituut vir Eietydse Geskiedenis (INEG) en adjunkdirekteur en hoof van dié instituut se navorsingsafdeling.

Coetzer, ook op ’n ad hoc-grondslag verbonde aan die UV se geskiedenisdepartement, het verskeie studies oor Hertzog en die UV saamgestel. Hy was onder andere mederedakteur en skrywer van die boek: Generaal JBM Hertzog. Sy strewe en stryd (1986) en redakteur van die boek: Generaal Hertzog in Beeld (1991).

Coetzer sê Hertzog verdien ’n ereplek op die UV-kampus en in die Vrystaat weens sy verbintenis met die provinsie en sy ywer vir hoër onderwys. Dit is veral sy beklemtoning van moedertaalonderwys en sy respek vir ander mense se kultuurgoedere wat volgens Coetzer uitstaan. “Dit weeg beslis swaarder as om hom bloot te verdoem omdat hy gebiedsegregasie voorgestaan het.”
Coetzer sê Hertzog was ’n befaamde politikus wat na goeie menseverhoudinge en uitreikaksies na alle mense gestrewe het. Hertzog het ’n groter begrip vir kultuurverskille en gesonde rasseverhoudinge sterk bepleit. “Versoening was ’n konkrete deel van sy lewenswyse.”

Die beginsel van gelyke regte was vir hom van groot belang en vandaar sy talle besoeke en verstewiging van bande met Engelssprekendes en alle rassegroepe in Suid-Afrika. Dit is juis sy onverbiddelike strewe na goeie en gesonde menseverhoudinge wat tot sy breuk met die Herstigte Nasionale Party (HNP) in 1940 gelei het en hom uit die politiek geweer het.

Coetzer se reaksie volg op die UV se besluit om die JBM Hertzog-koshuis se naam te verander as deel van ’n vernuwingsproses. Lacea Loader, UV-woordvoerder, ontken sprake dat dié koshuis se naam na die apartheidsaktivis, Steve Biko, herdoop gaan word. Sy sê geen finale besluit oor die koshuis se nuwe naam is al geneem nie en ’n konsultasieproses word nou gevolg. Coetzer hoop die UV sal “eerlik en opreg” daaroor herbesin. Biko het geen sterk verbintenis met die Vrystaat gehad nie.

Intussen sê prof. Jonathan Jansen, visekanselier en rektor, in ’n verklaring op die universiteit se webtuiste, dat die UV sterk verbind is tot die hernuwing van koshuiskultuur op kampus. Hy verwerp die onlangse misleidende mediaberigte oor dié koshuis se hernuwingsproses en stel dit duidelik geen koshuis-memorabilia of foto’s is verwyder nie. Hy het ook die persepsie dat die proses sekere unieke koshuistradisies en kulture wil verander as onwaar afgemaak.

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...