E Copy

Date:

Motor en padveligheid van kardinale belang die seisoen

OWEN KOCK

Die land se paaie is sedert die begin van die maand reeds vol soos vakansie gangers kus toe ry om ‘n bietjie son, sand en see in te neem vir die jaarlikse Desember vakansie.

Dit bring mee dat baie meer voertuie as normal die land se paaie deurkruis soos mense op pad na hul verskeie bestemmings en om nie eers te praat van die vragmotors wat moet sorg dat vragte betyds by winkels endiesmeer uitkom nie.
Die eienaar van die arrive alive webtuiste, Johan Jonck, het ingestem oor ‘n paar wenke met Courant se lesers te deel oor motor en padveiligheid om te help dat ongelukke verminder kan word oor die fees-seisoen.

“Daar is baie gevare op die pad, maar ek wil sommer uit die staanspoor sê hoe belangrik dit is dat ons die manier hoe ons bestuur, moet aanpas by die gevare op die pad. Padveiligheid is egter nie net iets om Desember-maand in gedagte hou nie, maar elke dag van die jaar, en dit is hoekom ons (arrive alive) soveel wenke op ons webtuiste plaas vir mense om daardie gevare die hoof te kan bied,” het Jonck gesê.

Wat voertuig veiligheid btref, het Jonck gesê dit is eenvoudig.
“Eerste ding wat gedoen moet word voor jy die langpad aandurf, is om seker te maak jou voertuig is gediens en in ‘n goeie toestand. As ons byvoorbeeld kyk na padongelukke, word dit gesê dat 85% daarvan menslike faktore is, 10% is voertuig faktore en 5% is omgewingsfaktore.

“Daardie 10% wat voertuig faktore is, is baie keer ook menslike faktore want dit is nalatigheid aan ons (mens) kant om seker te maak ons bande is in ‘n werkende toestand, ons remme en skokbrekers en ruitveërs werk ensomeer. Alles wat verkeerd is moet reggemaak word voor dit ‘n dringendheid word en ek stel voor dat ‘n gekwalifiseerde werktuigkundige hierdie goed nasien,” het Jonck bygevoeg.

Jonck het juis die arrive alive webtuiste begin omdat hy sy ma op die ouderdom van twee jaar en tien maande in ‘n motorongeluk verloor het en hy is daarop uit om te help verseker dat nie nog ‘n kind hom of haar ouer(s) in ‘n motor ongeluk verloor nie. Hy wil seker maak die webtuiste dien as hulpmiddel vir veral padveiligheid wat uit die aard van die saak motorveiligheid insluit.
“Die gedagte (webwerf) aan die begin was om ‘n ander portaal te skep waar ander media, joernaliste, studente en skoliere inligting kon kry en dit dan na ‘n weier gemeenskap te kan versprei,” het Jonck gesê.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...