E Copy

Date:

Kolskoot – 04 June 2015

Goeiedag

“Dit voel soms of ons deur ’n moeras van korrupsie verswelg word. Die internasionale korrupsie om Fifa se Wêreldbeker-toernooie aan te bied, wys nie net die vinger direk na Suid-Afrika vir die aanbied van die 2010-Wêreldbeker-toernooi nie, maar ook na Rusland en Katar wat die toernooi in 2018 en 2022 aanbied.
“Julle moet onthou Danny Jordaan, president van Suid-Afrikaanse sokker (Safa), is ook nou die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro. Daarom is ek erg bekommerd, want wat gaan hier by ons in die Baai gebeur,” val Sporie Bezuidenhout met die deur in die huis.
“Ja, en onse Frikkie, Fikile Mbalula, minister van sport, gooi ook wal vir ’n vale. Dalk is dit waarom die Bafana die afgelope twee dekades nie kon presteer nie. Pas weer is SA se sokkerspan sommer vroeg in die Cosafabeker-toernooi ná nederlae teen Botswana en Malawi uitgeskakel. Namibië het die beker verower deur Mosambiek 2-0 te klop. Dit sal darem lekker wees as Mbalula ons op ’n landwye toer wil neem en aan ons die ontwikkeling op voetsool-vlak uitwys. En daarmee bedoel ek nie die witolifant-stadions nie, maar velde wat gebou en in stand gehou word,” gesels Botterbul Bester saam.
“Kom ons laat die ondersoek na korrupsie van Sepp Blatter en sy Fifa-mense in die hande van die Amerikaanse FBI. Hier in KwaZulu-Natal het Suid-Afrikaners die 90ste Comrades-marathon in Pietermaritzburg gewen. Gift Kelehe was die eerste man oor die wenstreep in 5 uur 38 minute en 36 sekondes, terwyl die dosent van Wits, net soos in die Twee Oseane-toernooi, die eerste vrou in 6:22:22 was. Kelehe het dit sy broer Andrew, wat die wedloop in 2001 gewen het, nagedoen,” probeer Stywelip Carrington die onderwerp verander.
Hy kry dit reg want Oom Sjert en Bontie Bonthuys begin sommer dadelik rugby gesels.
“Dit is vir die 2015-seisoen in die Superrugby-reeks neusie verby vir die Toyota Cheetahs. Ek kry Franco Smith, Corniel van Zyl en Daan Human werklik jammer, want die span se oorblywende wedstryde teen die Waratahs en Bulle gaan kliphard wees. Hulle sal ook as die nuwe afrigtingspan hul net wyd moet gooi om iewers stutte te vind wat kan skrum. ’n Span wat nie kan skrum nie, kan nie wen nie. Dit het ek nou pas weer in die nederlaag van 42-12 op Nuweland teen die Stormers gesien,” laat Oom Sjert van hom hoor.
“Die Stormers het goed gespeel teen die Cheetahs, maar hul groot toets is die Leeus Saterdagmiddag. Onthou, die Leeus het die huidige kampioen, die Waratahs, 27-22 geklop. Ek wil sover gaan om die Bok-afrigter, Heyneke Meyer, na Nuweland te nooi, want die Leeus en Stormers is die spanne wat die toon aangee en die Bokke moet dieselfde benadering nastreef as hulle enigsins hond haaraf in die Wêreldbeker-toernooi wil maak,” stel Bontie sy saak.
Stywelip, Oom Sjert en Sporie stem saam, maar nie Botterbul nie. Hy wil skielik oor tennis in die Franse Ope praat, maar niemand wil byt nie, want die Bokkies speel reeds vandeesweek hul eerste wedstryde teen Italië, Australië en Samoa in die IRR se junior Wêreldkampioenskap.

Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...