E Copy

Date:

GEBORG: Sandra Prinsloo se wekroep- Moenie vir julle kinders lieg nie!

Verhale wat temas van versorging, verlies en verbondenheid bied, het ’n besonderse vermoë om tot gehore te spreek.

Die Vrystaat Kunstefees is trots om met ’n volgepakte program ’n groot verskeidenheid van hierdie temas in Julie vanjaar na Bloemfontein te bring.   Een van hulle is die eenvroustuk, Die Ander Dogter, met die bekroonde Sandra  Prinsloo. Hierin word die reaksie van geheime in ’n gesin oopgevlek.

Dit is geskoei op die biografiese korter verhaal van die Franse skrywer en Nobelpryswenner Annie Ernaux se The Other Girl, of L’Autre fille (2011). Die vertaling is deur Naómi Morgan gedoen, verwerking deur Saartjie Botha en die regisseur is Lara Foot.

Sandra sê met die eerste lees van Ernaux se teks het sy gewonder hoe dit in ’n teaterstuk omskep gaan word. “Ek weet nie eers of dit werklik teater is, en of dit nie dalk net kuns is nie,” sê sy.

“Tog met Ernaux se manier van skryf en haar diepte van persepsie kon ek dit nie  neersit nie. Ek het dit in een sitting klaar gelees.” Sandra sê dit was ’n lang tog tot op die verhoog.

“Ek het Naómi se pragtige vertaling  aan Saartjie gestuur en sy het gesê dit kan beslis as teaterstuk werk.”  Sandra was wel steeds bekommerd oor of dit ’n teaterstuk kan word. “Niks gebeur werklik in die stuk nie. Dit is net die vrou se reaksie op wat met haar gebeur het.

Tog is dit een van die wonderlikste reise van ontdekking van teks waarmee ek nóg gewerk  het.”

Saamgestel deur Karen van der Berg

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...