E Copy

Date:

Gupta-ontbyt dalk laaste in Vrystaat

Die kontraversiële TNA/SABC-ontbytsessies wat regstreeks op televisie uitgesaai word en wat nasionale en provinsiale departemente miljoene uit die sak jaag – het dalk in die Vrystaat vir die laaste keer plaasgevind. Dit volg nadat Sondag-koerante vandag berig dat die nuwe SABC se tussentydse raad glo die kontrak tussen dié uitsaaier en die Gupta-familie opgeskort het. Dié ontbytsessie is nog vroeër vandeesmaand in die Vrystaat aangebied as deel van die provinsiale regering se program vir Jeug-maand. Dit ten spyte van media berigte oor die verhouding tussen premier Ace Magashule en dié familie wat tot miljoene rande se besteding lei. Hieronder is die multimiljoenrandse Vrede-suiwelprojek. OFM Nuus het verlede jaar berig dat die Vrystaatse Tesourie meer in die bestek van drie maande by die Gupta-familie se koerant, TNA, bestee het as al die nasionale departmente se gesamentlike uitgawes. ‘n Versoek vir ‘n onderhoud met die woordvoerder van die SABC oor die toekoms van die ontbytsessies – sowat twee weke gelede – is nog steeds onbeantwoord.

Cathy Dlodlo

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...