E Copy

Date:

Viering van Afrikaans lê klem op taalbewaring

Met die viering van Afrikaans se eeufees die afgelope naweek, het die Suid-Afrikaanse museumkurator Twin Mosia klem gelê op die belangrikheid daarvan om tale en kulturele erfenis vir toekomstige geslagte te bewaar.

Mosia sê taal staan sentraal tot identiteit, die gevoel van behoort en die behoud van tradisies en kulturele praktyke. “Wanneer ’n taal verdwyn, gaan ’n belangrike deel van die mensdom se nie-tasbare erfenis tot niet, wat dikwels tot die verval van sosiale en kulturele gebruike  lei.”

Hy het ook die uitdagings van inheemse tale in die digitale era uitgelig, veral met verwysing na kunsmatige intelligensie (KI) en aanlynplatfroms. “Groot taalmodelle wat vir KI-toepassings gebruik word, word meestal in dominante tale opgelei, terwyl groot gapings steeds in inheemse tale bestaan. Omdat hierdie tale ook nie ten volle in die ekonomie geïntegreer is nie, word hulle dikwels ten gunste van Engels, wat oorheers in onderwys, handel en die gemeenskap, afgeskeep.”

Mosia glo die jonger geslag het, ten spyte van hierdie uitdagings, ’n belangrike rol om inheemse tale te bewaar en te bevorder. “Inheemse tale is vir baie jare ten gunste van die groot tale onderdruk. Deur ons stories te skryf en te deel in ons eie tale, kan hierdie tale aanlyn bewaar word sodat ons kultuurerfenis versterk word.”

Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) het ook die belangrikheid van Suid-Afrika se taaldiversiteit onderstreep en die eeufees as ’n platform beskou om veeltaligheid en inklusiewe kulturele uitdrukking te bevorder.

PanSAT-voorsitter Lolie Makhubu-Badenhorst het gesê Afrikaans speel steeds ’n belangrike rol in Suid-Afrika se sosiale weefsel, onderwysstelsel en ekonomiese ontwikkeling. “Taal is ’n fundamentele deel van identiteit, kultuur en erfenis. Afrikaans behoort nie aan enige een ras- of etniese groep nie, maar is ’n gedeelde taalhulpbron wat gevorm is deur almal wat dit praat.”

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...

CUT radiography students selected for Netherlands exchange

The Central University of Technology (CUT) Free State is...

CUT mentorship recognised internationally

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...