E Copy

Date:

Geniet ʼn aand van woorde en wyn

Kom geniet ‘n aand van musiek, digkuns, wyn en samesyn saam met Woordvlug by die Aasvoëlklub.
Die idee vir dié groep het laat in 2014 ‘uitgebroei’ met Woordvlug wat die konsep van vryheid van vlug, vlieg en ontvlugting, verteenwoordig. Hierdie vryheid word geskep deur die gesproke woord in die vorm van poësie en prosa asook deur die ongesproke dialoog van musiek en kuns.
Die woordvlieërs, wat van Bloemfontein afkomstig is, sluit Cyril Viljoen op akoestiese kitaar, Hein Griesel en Maanvrou, beter bekend as Elzette Boucher, met poësie en prosa, kunstenaar Marius Jansen van Vuuren en fotograaf Xany Jansen van Vuuren in.
Elke vertoning neem die gehoor op ‘n reis en daag hulle uit om die onbekende te ondersoek, dalk selfs die onbekende binne-in hulself. Diegene wat bevry genoeg voel, het die geleentheid om ‘n item te deel in die ope afdeling.
“Ons elkeen se uitvoering/opvoering op die aand gaan ‘n wyntema hê. Maanvrou gaan byvoorbeeld verse in ‘n bottel doen. Die dele van die vers gaan in bottels op die tafels wees en die gehoor gaan help om dit saam te flans. Ek scheme mense hou deesdae meer van interaktiewe goed,” sê Boucher.
Kom geniet ‘n ete en ‘n ietsie soets saam met Woordvlug om 19:00 op 6 September 2017, by die Aasvoëlklub. Kaartjies kos R100 per persoon en kan gekoop word by Woordvluglede. Bespreek by [email protected] of skakel gerus 079-796-7975.

– Jeretha Oosthuizen
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...