
Een gelukkige Bloemfontein Courant leser kan die 4 boeke wen. Vul die vorm hieronder in en beantwoord die maklike vraag.
Kliek hier om in te skryf
Maar Tintin in Tibet
Annelie Ferreira
Tafelberg
Wat maak jy as jou dominee-pa by jou studentewoonstel opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ’n Messias daar gesien is? Natuurlik is dit net heeltemal way out buite die kwessie. Maar dan het jy pas met jou Golfie agter in ’n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery en jou girlfriend kom skielik met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie.
Te eenders, te anders
Elsa Winckler
Aileen het lank rondgeval tussen beroepe en oorsee rondgerits, maar nou is sy terug op Stellenbosch en sy weet wat sy wil hê: haar eie pâtisserie wat Stellenbossers sal wys hoe fyngebak nou eintlik lyk. Sy’t reeds die perfekte perseel gevind, ook. Maar . . . die eienaar van die gebou is absoluut, heeltemal onmoontlik!
Maar wie snoei die rose in die nag?
Abraham H. de Vries
Human & Rousseau
Abraham de Vries vermom sy “kontreiverhale” soms as “ernstige verhale” en sy ernstige verhale as kontreiverhale. Vir die toegewyde De Vries-leser maak dit weinig verskil. Maak nie saak … wat die genre eintlik is nie; dis die stórie en die vakmanskap wat in beide gevalle primêr tel – soos Linda Rode tereg sê (n.a.v. van D.H. Lawrence se woorde: “Never trust the artist. Trust the tale”).
Die hart van ’n ma
Abraham Phillips
In ’n arm gemeenskap waar tik toenemend verwoesting en hartseer veroorsaak, vra drie ma’s al hoe meer wanhopig: wie is skuldig en wie staan dan vir geregtigheid? Maria verloor eers haar man en daarna haar seun. Ook haar suster, Stienie, en hul buurvrou Bettie moet magteloos toekyk hoe hierdie nuwe plaag hul lewens en huise indring, hulle vasketting aan hul uitsiglose omstandighede.
Elke dogter het ’n ma
Madeleine Volschenk
‘n Plesierige, meesleurende debuutroman oor ’n eksentrieke familie. Dit boei die leser van bladsy een met die besluit van die jong hoofkarakter, Bibi, om haar verlowing te breek, haar lang hare af te sny en Europa toe te verkas – met die seën van haar enkelma Frieda. Die tempo is energiek, die karakters interessant en geloofwaardig. Bibi soek haar familie in Italië en Nederland op, vind nuwe belangstellings en insigte, kom uiteindelik ’n bietjie ouer en wyser terug Suid- Afrika toe.







