Een gelukkige Bloemfontein Courant leser kan die 3 boeke wen, vul net die vorm hieronder in en beantwoord die maklike vraag.
Kliek hier om in te skryf
Louisa du Toit Omnibus 7
Liefdesverhale
In Talmende tuiskoms verlaat Irma die huis om van haar onhoudbare stiefma, Matilda, weg te kom. Dan ontvang sy een oggend op kantoor ‘n oproep wat so ernstig is dat sy geen ander keuse het as om na haar ouerhuis terug te keer nie . . . in veel moeiliker omstandighede as toe sy daar weg is.
Elza Rademeyer | Omnibus 6
Liefdesverhale
In Duwweltjiepad bestaan Rudolf Mulder, die jongste multimiljoenêr in die Kaap, se lewe net uit sport, meisies en partytjies. Maar dan beland hy met ’n verlamde onderlyf in die hospitaal. In die hospitaal kruis sy pad ná jare weer met dié van die pragtige suster Jo, wat hom skynbaar ken, maar van wie hy geen herinnering het nie.
Annelize Morgan | Omnibus 4
Liefdesverhale
In Slavin van La Liberté spoel jong skipbreukeling Leia aan die ooskus van Afrika uit, word gevange geneem deur ’n slawehandelaar, en dan verkoop aan die aantreklike graaf Jacques de la Fontaine.