E Copy

Date:

Courant Boeke Kompetisie 4 – 11/2013

Een gelukkige Bloemfontein Courant leser kan die 4 jeug boeke wen. Vul die vorm hieronder in en beantwoord die eenvoudige vraag.

Kliek hier om in te skryf


Danda | Fiksie vir kinders
Chris Barnard
Tafelberg
Die klassieke Afrikaanse kinderverhaal, verwerk deur die skrywer en heruitgegee met ‘n nuwe omslag.
Danda (Daniël Daneel) vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in ’n ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleêr oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word ’n bedreiging.

Tot siens, Koning Arthur | Fiksie vir kinders
Annelie Ferreira
Tafelberg
Die M.E.R. -prys vir die beste jeugroman 2013
Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011 – Goue Toekenning
Sylvia van der Merwe moet honderd ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig.

Amper Einstein (ePub) | Fiksie vir kinders
Christien Neser
Tafelberg
Ouderdom: 14-16
Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly.
Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word.

Die vierletterwoord | Fiksie vir kinders

Nelia Engelbrecht
Tafelberg
Clarissa Mentz is ? gr. 11-leerder aan ? dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oënskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...