
Een gelukkige Bloemfontein Courant leser kan die 4 jeug boeke wen. Vul die vorm hieronder in en beantwoord die eenvoudige vraag.
Die vierletterwoord | Fiksie vir kinders
Nelia Engelbrecht
Tafelberg
Clarissa Mentz is ? gr. 11-leerder aan ? dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oënskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer.
Om Helena te hoor | Fiksie vir kinders
Carolyn Morton
“Die verskil tussen jou en jou broer is dat hy nie net vir homself nie, maar ook vir sy ouers speel. Dit is sy grootste probleem ,” het Madame Pandora gesê. “Maar jy … Jy speel net vir jouself. En dit is jóú grootste probleem.”
Toe Helena se uiters talentvolle broer onttrek uit ’n kompetisie vir klavieruitvoerings, kry sy uiteindelik die kans om vir almal te wys sy is ewe talentvol. Nou sal sy by die Musiek-Akademie kan inkom, maar sy moet ’n geweldige besluit neem…
Soene op ’n Suzuki | Fiksie vir jong volwassenes
Janie Oosthuysen
Human & Rousseau
Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgesê en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar “Engelse” niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al wéér by hulle kuier.
Liefde is nie tjoklits nie | Fiksie vir kinders
Helen Brain
Human & Rousseau
Wat maak ’n meisie wanneer sy die eerste keer in haar lewe verlief is? Op ’n ou met oë so donker soos Belgiese tjoklits? ’n Ou met ’n tergende lag en seesout op sy lippe? ’n Droomou soos Scott . . . Hoe vang jy hom? Dít is Tamara se probleem. En dit sou geen probleem gewees het as dit nie vir Jasmin was nie. Jasmin met die designer-klere wat altyd haar sin kry. Jasmin wat net een doel voor oë het: Scott.







