
Een gelukkige leser kan die twee boeke wen. Vul die vorm hieronder in en beantwoord die eenvoudige vraag.
Is weer Sagie
Jan van Tonder
Human & Rousseau
Hierdie is die tweede roman in die drieluik wat Jan van Tonder beoog oor die jong man Sagie en sy lewe van onskuld en halfverstaan. Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat hul bure die De Wets met hul dogter Ansie vertrek het uit die Ladismith-distrik in die Klein-Karoo. Sagie boer steeds saam met sy pa, Barend, maar wanneer hy ook al ’n tydjie kan afstaan, bou Sagie aan Ansie se huis: hy glo dat Ansie sal terugkeer sodra daar rook uit die skoorsteen trek …
Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman
Herman Charles Bosman
Human & Rousseau
In 2013 vier Human & Rousseau vyftig jaar as uitgewer van Herman Charles Bosman. Unto Dust het die eerste keer in 1963 by Human & Rousseau verskyn.
Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange.







