E Copy

Date:

Wilco nou ook ‘n wêreldrekordhouer

Die beroepsgholfspeler van Bloemfontein, Wilco Nienaber, kan nou ook spog dat hy ‘n wêreldrekordhouer is.

Die 21-jarige Nienaber, wat reeds in sy jong loopbaan indruk gemaak het met ‘n sy lang dryfhoue van die bof af, het saam met Amerika se Sean Crocker, Australië se Min Woo Lee en Denemarke se Nicolai Hojgaard, die Guinness Wêreldrekord gebreek vir die vinnigste putjie in gholf.

Dié vier spelers het by die vierde putjie ‘n syfer 5 458m by die ikoniese Valderrama-gholfklub in Spanje die rekord opgestel.

Dit neem gemiddeld vier professionele spelers ongeveer 10 minute om ‘n putjie te voltooi, terwyl die gemiddelde klubspelers ‘n puttjie in so nagenoeg 15 minute sal voltooi.

Die vier opkomende spelers op die Europese toer is uitgedaag om die putjie in vinniger as 27.88 sekondes te voltooi.

Ná vele pogings by Valderrama, het Nienaber die bofhou gespeel wat perfek geland het vir Crocker om die naderhou te speel. Crocker het op sy beurt, ‘n naderhou enkele meter van die gat op die setperk laat land. Lee het die blitsige arend gesink vir die nuwe wêreldrekord.

Nadat die beoordelaars en die beamptes van Guinness Wêreldrekords die tyd hersien het, is daar beslis dat dié vier die nuwe rekord in ‘n amptelike tyd van 24.75 sekondes voltooi het.

Nienaber is ‘n steeds die voorloper met die langste drywe op die Europese Toer met ‘n gemiddeld van 324.6m, terwyl die toer-gemiddeld 296.9m is. Die Bloemfonteiner speel vandeesweek in die Mallorca-gholf-ope by die Santa Ponsa-gholfklub op die Baleariese Eilande in Spanje. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...