E Copy

Date:

Wessels wen twee swemtitels met seer skouer

RUFUS BOTHA

Die puik Bloemfonteinse swemmer, Reynard Wessels, gaan nog die wêreld aan die brand swem. Hierdie begaafde swemmer was een van die uitblinkers by die tussenprovinsiale swembyeenkoms wat Saterdag in Bloemfontein tussen die Vrystaat, Oostelike Provinsie en Grens beslis is.

Wat Wessels se vertonings uitmuntend maak, is dat hy vir sewe weke buite aksie was met ‘n ernstige skouerbesering, maar sy veggees het hom deurgedra om twee puik oorwinnings en ‘n goeie tweedeplek los te swem.

Hy was eers in die 50m-vlinderslag in aksie en ná ‘n titaniese stryd moes hy met die tweedeplek in 25,45 tevrede wees. Hy is geklop deur Jaryd Hoole (Grens, 25,28) wat die kant slegs 28 honderdstes van ‘n sekonde voor hom kon raak.

In die 100m-vryslag was dit egter ‘n perd van ‘n ander kleur en Wessels beklink ‘n oorwinning in ‘n goeie 54,17 (veral in ag genome hoe lank hy buite aksie was). Wessels het hier korte mette gemaak van nog ‘n Grens-swemmer, Blaine Kruger (54,45), en die einste Hoole wat hom in die bogenoemde vlinderslag geklop het. Hoole was derde in 54,71.

Courant het voor Wessels se laaste nommer met hom gesels om te verneem of hy nog las het van die skouerbesering. "Ek het nog baie seer gehad in die eerste nommer, maar dit het beter gevoel in die 100m-vryslag". Hy het in sy laaste nommer met seer skouer en al die die 50m-vryslag met ‘n skitterende oorwinning in 23,65 beklink. Hoole moes tevrede wees met ‘n tweedeplektyd van 24,02.

Wessels vertrek eersdaags na die VSA om vir ‘n maand saam met een van Suid-Afrika se voorste swemmers, Roland Schoeman, te gaan kers opsteek.

Onder die Vrystaat se skoner geslag het Marné Frylinck (15 jaar en ouer) twee puik oorwinnings behaal, maar in die eerste nommer (400m-vryslag) moes sy diep in haar reserwes delf om goud in te pak. Daar was min te kies tussen Frylinck en die Oostelike Provinsie se Kaley Gouws. Frylinck het net-net die oorhand gekry en gewen in ‘n goeie 4:45,58 terwyl Gouws ‘n kortkop agter was in 4:45,67.

Frylinck was in die 200m-wisselslag in nog ‘n stryd betrokke toe sy en Kaylene Corbett teen mekaar te staan gekom het. Frylinck (2:32,49) wen uiteindelik met Corbett tweede in 2:33,48.

Previous article
Next article

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...