E Copy

Date:

Wêreld, maak plek vir Frank Freeman

Hy het al saam met groot Afrikaanse ikone soos Arno Carstens en Francois van Coke die verhoog gedeel en al woon dié ou Grey-kollege-Bloemfonteiner, Frank Freeman, nou in die Moederstad, beloof hy om nooit sy tuisdorp af te skeep nie.

So sê die jong man met die lang hare wat eersdaags ‘n Afrikaanse snit of twee gaan vrystel.

Sy naam is iets unieks, maar tog sy eie. Sy geboortenaam is Franco, maar sy vriende en familie het hom Frank gedoop. “Freeman kom van die betekenis van my geboortenaam af, wat “vry man” beteken. Ek het gedink dis ‘n goeie manier om iets van my geboortenaam te behou in ‘n verhoognaam wat makliker is om te onthou. Ek hou nog altyd van name met alliterasie, so Frank Freeman het ge-stick,” vertel hy.

Sy liefde vir musiek het begin toe hy sowat vier of vyf jaar oud was en verby ‘n skool se musiekklas geloop het waar hy iemand hoor kitaar speel het. “Van toe af het ek my ma gevra of ek klavier mag speel, maar prakties gesproke was die kitaar ‘n makliker instrument om te kry. Dit is toe dat ek die kitaar ontdek het,” verduidelik Freeman.

Hy was maar sewe jaar oud toe sy loopbaan in ‘n boereorkes afgeskop het. Van daar af het deure op die pad van sy musiekloopbaan oopgegaan. “Ek het alle tipe shows gedoen. Van ouetehuise en Hertzogville se Grondboontjiefees, tot by Oppiekoppi en Kirstenbosch Gardens.”

Die nederige jong man vertel alhoewel hy nog jonk is, hy al ‘n ver pad gestap het om te kom tot waar hy nou is.

As mens vir Freeman moes beskryf, sou jy sê hy is iemand wat lief genog is vir musiek om dit te gebruik om sy eie en ander se lewe in te kleur. As hy musiek maak, wil hy dit vir seker bedoel.

Buiten vir sy musiek, is hy ‘n groot boksliefhebber. Hy boks immers self reeds vir die afgelope twee jaar. Verder hou hy daarvan om met ‘n glas whiskey in die hand ‘n bietjie “twak te praat in ‘n kroeg”. Hy sê met ‘n groot glimlag, “Kom kry my, dan praat ons oor die dinge wat saak maak, en so bietjie twak tussenin.”

‘n Dag in Frank se lewe? “Ek skryf omtrent elke dag. Ek werk aan my musiek en gee ook lesse. Ek probeer my tyd so veel moontlik my eie maak, maar hoe besiger dinge raak, hoe moeiliker raak dit. In kort bestaan my dag uit skryf, musiek en podcasts in die agtergrond. O, en admin. Admin kry ons almal!”

Hy beplan twee Arikaanse treffers vir die res van die jaar. Die eerste enkelsnit sal binnekort beskikbaar wees. Hou gerus sosiale media dop vir meer inligting. As jy graag vir Frank vir ‘n konsert wil bespreek of enige navrae het, stuur ‘n e-pos na [email protected]. – Jeretha Oosthuizen
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...