E Copy

Date:

Tyd vir Martie du Plessis se Aand van die sterre

Martie du Plessis se gewilde Aand van die sterre word weer op 25 September 2014 aangebied. Soos in die verlede beloof die aand weer ‘n opwindende geleentheid te wees met ‘n gasspreker, gaskunstenaar, ‘n heerlike maaltyd en, natuurlik, die alombekende Martie du Plessis-gasvryheid.
Die gasspreker is die bekende, avontuurlustige Hein Wagner. Jak de Priester, bekende sanger en aanbieder van die TV-reeks Reis na gister is die seremoniemeester en gaskunstenaar. ‘n Driegangmaaltyd sal bedien word, terwyl rooi- en witwyn voorsien sal word. ‘n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees. Onthou, dis nie ‘n ‘manne- aand’ nie; mans en dames is almal welkom om saam te kom kuier. Veilige parkering sal voorsien word.
‘n Tafel vir 10 persone is vir die bedrag van R3 000 te koop. Daar is ook enkelsitplekke teen R300 beskikbaar. Die verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00 en die drag is netjies informeel.
Vir verdere navrae kan 051- 522-6801/2 geskakel word. Kaartjies sal met bevestiging van bespreking gelewer word. Ongelukkig kan slegs ‘n beperkte aantal gaste geakkommodeer word en om teleurstelling te voorkom moet u asseblief so spoedig moontlik bespreek. Bankbesonderhede: Ad Lucem Trust, Standard Bank, rek.-nr.041-041-836, takkode 055034.

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...