E Copy

Date:

Courant en Spar maak jou deel van Madibadag

Maricelle Botha

Madiba se verjaardag word elke jaar gevier met ‘n dag wat gewy is aan die werk wat hy in sy leeftyd gedoen het en sy betrokkenheid by talle liefdadigheidsorganisasies. Op 18 Julie is dit weer tyd vir Suid-Afrikaners om hul hande en harte oop te maak en so hierdie beminde staatsman se verjaardag op toepaslike wyse te vier.
Vanjaar span Courant kragte saam met Spar en hoop om so ‘n verskil in die lewe van ander te maak. Wat ons projek vanjaar besonders maak, is die feit dat ons dit vir almal moontlik maak om aan Madibadag deel te neem. Al wat jy moet doen is om na jou naaste Spar te gaan en jou bydrae in die duidelik gemerkte te gaan plaas.
Op 18 Julie sal al die bydraes wat versamel is aan jong, behoeftige pasiënte van ‘n plaaslike hospitaal geskenk word. Ons vra dus dat bydraes sal bestaan uit toiletware en ander bederfies wat die kinders se tyd in die hospitaal ‘n bietjie meer gemaklik sal maak.
Toe, ons daag jou uit. Raak betrokke. Gee van jou tyd deur ‘n bydrae te lewer.
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...