E Copy

Date:

Stuart White kry uiteindelik sy vlerke

Suid-Afrika se vinnigste tiener, Stuart White, het uiteindelik sy “vlerke” gekry. Die jong renjaer van Bloemfontein het Dinsdag sy kode 4-rybewys geslaag, slegs ‘n dag na sy 18de verjaardag.

Ironies genoeg het diĆ© spoedvraat vanjaar reeds lank staande baanrekords van groot name soos Ian Schekter in Suid-Afrika gebreek terwyl hy ook al vir ‘n geruime tyd vir Sauber in die Franse Formula 4 jaag.

Voordat White ‘n ses-jaar-kontrak met die Switserse Formula 1-span gesluit het, het hy al vir baie jare “rubber oorsee asook plaaslik gebrand”.

Dit was egter onwettig vir hom om ‘n motor op enige pad in Suid-Afrika te bestuur.

Die tiener, wat vanjaar ook sy skoolonderrig gaan voltooi, sal hy eerskomende Saterdag op Phakisa in Welkom aan die laaste ronde van die nasionale Enduro-reeks deelneem.

Die Alfa-motor waarmee hy Donderdag na Welkom ry, is ook die amptelike tempo-motor vir die wedren. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Man arrested after alleged murder in QwaQwa

A 29-year-old man is expected to appear before the...

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...