Bloemfontein – Kovsies-kaptein, Izelle Lategan, het haar onder 21-Suid-Afrika-vrouehokkiespan na die kwarteindrondes van die Junior Wêreldbeker in Mönchengladbach, Duitsland, gelei.
Dit kom nadat die junior Proteas Kanada met 6-3 afgeransel het.
Die 2009 Junior Wêreldbeker-naaswenners, Agentinië, het Groep B gewen nadat hulle China 2-0 geklop het.
Suid-Afrika het tweede in die groep geëindig en dring dus deur na die laaste agt.
China en Kanada sal teen mekaar te staan kom om vir posisies nege tot sestien te speel.
Suid-Afrika sal môremiddag om 5 uur teen die veredigende kampioen, Nederland, te staan kom in die kwarteindstryd.