E Copy

Date:

Le Clos, Van der Burgh en Zorzi swem vannaand vir goud

MORGAN PIEK

Bloemfontein – Suid-Afrikaners Chad le Clos, Cameron van der Burgh en Giulio Zorzi het almal deurgedring na hulle onderskeie finale by die 15de Wêreld-swemkampioenskappe in Barcelona, Spanje.

Van der Burgh en Zorzi het deurgedring na die finaal van die mans 50m-borsslag, terwyl Le Clos as gunsteling beskou word om die mans 200m-vlinderslag te wen.

Le Clos, wat die swemwêreld verstom het by die Olimpiese Spele verlede jaar toe hy swemlegende Michael Phelps in die 200m-vlinderslag geklop het, het as die vinnigste gekwalifiseer toe hy die afstand in ‘n tyd van 1 minute 55.33 sekondes geswem het.

Wêreldrekordhouer Van der Burgh begin ook sy finaal as gunsteling nadat hy met ‘n tyd van 26.81 sekondes in die 50m-borsslag gekwalifiseer het.

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...