E Copy

Date:

Projek Winterhoop breek die ergste koue

Lani Fouché

Met die kwik wat byna daagliks onder vriespunt in Bloemfontein daal, is die fokus weer op die nood van haweloses. Die Torings van Hoop-stigting, wat vanuit die geskiedkundige Tweetoringkerk in Bloemfontein werksaam is, is vanjaar oudergewoonte aan die woeker om kos, klere en veral komberse aan straatbewoners uit te deel.

Die stigting se hoof, De la Harpe le Roux, sê hulle is vanjaar deel van ‘n landswye inisiatief – Winterhoop – wat grootliks fokus op die bewusmaking van die nood van behoeftiges.

“Ouens wat op straat is, het elkeen hul eie storie. Elkeen het ‘n hartseer verhaal. Veral in die wintertyd vergeet ek en jy wat bevoorreg is om in ‘n warm huis te bly dat hierdie ouens ook hoop nodig het. Daarom is die projek se naam Winterhoop, en skakel ons hier van Bloemfontein, die Kaap, en nog baie plekke af in om deel daarvan te wees.”

Die landwye projek duur 20 dae en strek van 1 tot 20 Junie. “Ons wil almal bewus maak van die behoeftes van mense op straat,” verduidelik Le Roux.

Hy sê die Torings van Hoop bedryf talle ander liefdadigheidsprojekte regdeur die jaar waarvoor vrywillige hande en skenkings altyd nodig is.

“Die mense wat die liefdadigheidswerk doen se salarisse moet betaal word, die krag- en waterrekeninge moet betaal word, die telefoonrekening moet gedek word… ons het geld nodig vir al hierdie goed,” sê Le Roux.

Kos, klere en komberse kan ook geskenk word deur dit by die Tweetoringkerk af te lewer.

Kontantdonasies kan gemaak word by die volgende:

First National Bank
Brandwag 23-05-34
622-5838-9602

Ds. De la Harpe le Roux (links) gee komberse aan hawelose mans in Bloemfontein.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...