E Copy

Date:

Pretorius en Grobbelaar ryg swemtitels in

RUFUS BOTHA

Reynier Pretorius (Veritas) en Nelrike Grobbelaar (Imperium), het verlede week elk drie titels gewen in die mans- en vroue-afdelings by die Kovsies se tussenkoshuis-swemkampioenskap wat op die Kovsies se kampus beslis is. Dié vertonings is skitterend, want die Kovsies se swemklub wemel van puik swemmers op provinsiale en nasionale vlak.

Pretorius het by die kampioenskap, waar slegs afstande van 50 meter in elke swemdissipline geswem is, drie van die moontlike vier titels gewen. Hy het die 50m-vryslag in ‘n kookwater 25,23 sy eie gemaak en die naaste swemmer aan hom, Daniël Joubert (Veritas), moes met ‘n tweedeplektyd (26,09) van bykans ‘n sekonde agter hom tevrede wees.

In die 50m-rugslag was daar nóg minder keer aan Pretorius, die enigste Kovsies wat op die aand dié nommer in 29,16 geswem het. Martin Niebuhr (Vishuis) was tweede (32,07).

In die 50m-vlinderslag moes Pretorius hard werk om eerste die kant te raak. Hy het 27,94 aangeteken teenoor die mooi tweedeplektyd (28,47) van Joubert.

In die 50m-borsslag, het Francois Theron (Vishuis) ‘n uitmuntende 31,57 losgeswem terwyl Pretorius tweede was (33,93).

Onder die skoner geslag het Grobbelaar die 50m–vryslag in 30,20 gewen, maar moes uithaal om Bianca du Toit (Wag-‘n-Bietjie, 30,31) te troef. In die 50m-vlinderslag moes sy hard werk om die eersteplek haar eie te maak in 34,78, want dié keer was Tayla Saunders (Emily Hobhouse, 35,16) slegs ‘n kortkop agter haar. Dit het geblyk dat daar elke keer iemand anders was om vir Grobbelaar te probeer klop en in die 50m-rugslag het dit bykans gebeur. Inteendeel, Grobbelaar moes dié titel met Leresia du Toit (Wag-‘n-Bietjie) deel, want hulle het albei ‘n tyd van 38,53 aangeteken.

In die 50m-borsslag vir vroue was daar geen keer aan Melene Klinck (Roosmaryn) nie. Sy wen dié titel loshande in 38,03 terwyl Saunders tweede in 40,78 geëindig het.

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...