E Copy

Date:

Kovsies eerste hokkiespanne verniel UKZN en Madibaz

RUFUS BOTHA

Die Kovsies se mans- en vroue- eerste hokkiespanne was Vrydag en Saterdag op die oorlogspad tydens ‘n tussen-universiteite-toernooi waar die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) en die Nelson Mandela Metropoolse Universiteit (Madibaz) op Kovsies-bodem kragte gemeet het.

Wedstryde is in vier kwarte gespeel en in die eerste wedstryd tussen die Kovsies se vroue en UKZN het die Kovsies aanvanklik nie al hulle kanse benut nie. Na die eerste kwart het die Kovsies egter hulle kanse beter omskep in doele en het uiteindelik die agterkant van die net vyf keer getref om UKZN met 5 – 1 te verslaan. Die Kovsiespan was belaai met die vier Protea-spelers, Tanya Britz (doelskieter), Izelle Lategan (doelskieter), Nicole Walraven (middelveld en verdediger) en Cornel Botha (middelveld).

Braam van Wyk, Kovsies se afrigter (vroue), het aan Courant gesê: "Dit was ‘n baie goeie spanpoging en almal verdien krediet vir die oorwinning."

Izelle Lategan (2), Tanya Britz, Nisa van Zyl en Janke Kotzé het vir die Kovsies doele aangeteken.

In Saterdag se wedstryd teen Madibaz het die Kovsies se vroue na die eerste kwart reeds 4 – 0 voorgeloop. Van Wyk sê hulemoes na die eerste kwart baie harder werk vir hul doele. Die Kovsies het in die laaste drie kwarte drie doele aanteken om met ‘n reuse-orwinning van 7 – 0 van die veld te stap. Hier was Lategan (2), Britz (2), Van Zyl, Lila Vermaak en Jaquie Ras in die kol met doelskietpogings.

Die Kovsies se mans het Vrydag in hulle kragmeting UKZN met 6 – 1 afgeransel. Dylan Swanepoel (middelveld) en die verdediger, Brad Hendeberg, het in hul posisies beïndruk, terwyl Bret Walraven op die aanval baie goeie diens gelewer het.

Saterdag se wedstryd tussen die manspanne van die Kovsies en Madibaz is kortgeknip deur gevaarlike weersomstandighede. In daardie stadium was die Kovsies 1 – 0 voor.

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...