E Copy

Date:

Polisie soek ‘n verdagte weens beweerde foto’s by ‘n Bfn-kleuterskool

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die polisie in Bloemfontein soek na ‘n verdagte wat Vrydag buite ‘n kleuterskool in die stad glo fotos van leerlinge op die skoolterrein geneem het.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die polisie is na die Bambi-kleuterskool ontbied nadat ‘n vreemde man buite die skool rondgeloop en na bewering fotos geneem het van kinders wat op die skoolterrein gespeel het. Marope sê die verdagte was nie meer daar met die polisie se aankoms nie. Volgens hom is daar nog geen volledige beskrywing van die man nie.

Marope vra enigeen in die gemeenskap met inligting om met hul naaste polisiekantoor in verbinding te tree. Hy sê sover bekend is die verdagte slegs by die Bambi-kleuterskool gesien. Intussen sê die kleuterskool se hoof, Annelene Pretorius, die skool is altyd paraat en kinders se veiligheid word eerste gestel.

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...