Bloemfontein – Cheetah-skrumskakel Piet van Zyl kan so vroeg as Saterdag sy Springbok-buiging maak.
Tans heers daar kommer in die Springbokkamp oor die fiksheid van Francois Hougaard. Hougaard sukkel tans met ‘n kniebesering en kan heel moontlik die Bokke se kragmeting teen Skotland in Nelspruit Saterdag misloop.
Saterdag het Hourgaard se mede-Bulls-spanmaat, Jano Vermaak, sy dyspier beseer in die Springbokke se 44-10 oorwinnig teen Italië.
Piet van Zyl kan moontlik op die bank begin met oud-Vrystater Ruan Pienaar wat kan uitdraf in die nommer 9-trui.
Springbok-breier, Heyneke Meyer, het gesê hulle sal ‘n plaasverwanger vir Hougaard aanwys indien hy nie reg is vir Saterdag se wedstryd nie.







