Volgens ’n inwoner van Magnolia Meenthuis in Universitas, prof. Lomby Odendaal, het daar ná vele jare se pleit, vrees en skaamte oor die gevaarlike bos langs hul netjiese kompleks, ’n wonderwerk oor die naweek gebeur.

Prof. Odendaal het aan Bloemfontein Courant vertel dat die bos omtower is in ’n netjiese, skoon erf onder die leiding van Universitas Parkwes Woonbuurt-vereniging, wykraadslid Tjaart van der Walt en die munisipaliteit met sy werkers.
“Ons innige en opregte dank aan almal wat ’n bydrae gelewer het. Weet dat ons dit waardeer,” het prof. Odendaal namens Magnolia-inwoners gesê.

Justine Fortuin