Bloemfontein is reeds vir baie jare landwyd bekend as die Rosestad en om hierdie naam te eer, hou die Noorderbloem-aftreeoord in Bayswater weer sy interne roosfees. Hierdie fees is deur die inwoners begin in 2015, en van daar af het die entoesiasme vir die fees aanhou groei.
Manie Wolvaardt van die oord het aan Bloemfontein Courant gesê dat die fees die oggend van 24 Oktober plaasvind, saam met die Kersmark. Inwoners van die oord moet hul rose die vorige aand al inskryf vir beoordeling, “Daar is geldpryse en wisseltroffeë vir al die wenners,” het hy gesê.
By die Kersmark sal daar verskillende stalletjies wees met eetgoed soos braaivleis en pannekoek. Die oord sal graag wil hê dat al die roosliefhebbers en belangstellendes van Bloemfontein die fees bywoon en die pragtige rose kom besigtig. Vir meer inligting kan Retha Wolvaardt by 051-436-0626 gebel word. – Sazly Hartzenberg
[email protected]







