E Copy

Date:

Noord-Kaapse Valke ondersoek voorval waarin renoster doodgeskiet is

Die Valke in die Noord-Kaap ondersoek ‘n voorval waarin ‘n witrenoster by Kimberley doodgeskiet is. Woordvoerder, Philani Nkwalase, sê die witrenosterkoei is in die regterskouer geskiet. Volgens hom is haar ontbinde karkas verlede Vrydagoggend op ‘n plaas buite die stad gevind. Sy het nog albei haar horings gehad.

 Nkwalase sê dit wil voorkom of die witrenosterkoei ‘n week gelede geskiet is. Die gewonde dier het toe weggehardloop en op die plek op die plaas waar sy verlede Vrydag gevind is, gevrek. Die ligging van waar haar karkas gevind is, gaan nie bekendgemaak word nie om verdere voorvalle te voorkom, sê Nkwalase. Die Valke in die Noord-Kaap doen als in hul vermoë om voorvalle waarin renosters doodgeskiet word, te ondersoek.

Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Nkwalase sê plaaseienaars en werknemers moet meer paraat wees om veral renosters te beskerm teen uitwissing. Hy doen ‘n beroep op gemeenskappe om enige verdagte mense of voertuie wat by plase in die provinsie opgemerk word, by die polisie aan te meld. Dit kan ‘n groot bydrae lewer in die stryd teen renosterstropery.

Intussen duur die polisieondersoek ná ‘n  voorval  waarin ‘n witrenosterkoei en haar kalf onlangs doodgeskiet en van hul horings gestroop is op die Bloemfonteinse dieretuin se plaas buite die stad, voort. Die karkasse van ‘n witrenosterkoei en haar kalf is op 31 Maart deur ‘n veldwagter in ‘n kamp op die plaas gevind. Metro-woordvoerder, Qondile Khedama, het vroeër aan Bloemfontein Courant gesê,  hoewel niemand nog in hegtenis geneem is nie, werk die polisie se forensiese-eenheid en ander betrokkenes nou saam. Hy sê streng veiligheidsmaatreëls is in plek op die plaas, wat goed omhein is, maar dit gaan nou verder verskerp word. – Christal-Lize Muller

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...