E Copy

Date:

Mev. Bloemfontein: Deelnemer reik uit na babas

Anandie Smit, ‘n finalis vir die Mev. Bloemfontein-kompetisie het uitgereik na ‘n tuise vir babas in Heidedal.
Die kompetisie het reeds in Februarie afgeskop en deelnemers moet, soos gewoonlik, gemenskapsdiens verrig.
Smit het nie self besluit om deel te neem nie, maar is deur een van die huidige wengroep se dames genomineer. Sy het besluit om die uitdaging te aanvaar om ‘n verskil in haar gemeenskap te maak. Sy sê vir haar gaan dit ook om haar eie, persoonlike groei.
Smit voel haar keuse van Talitha Babies, ‘n huis van veiligheid vir babas, is presies waarheen God haar gelei het nadat sy kontak gemaak het met Lize du Plooy van Kinderwelsyn en gevra het waar sy betrokke kon raak. Sy vertel dat sy sou gaan waar sy nodig is, maar het gevoel solank dit net nie babas is nie. “En toe eindig ek by babas op, want dit is waar ek nodig was.”
Smit het heelwat donasies en skenkings ontvang. “Ek het ‘n maatskappy genader wat doeke, Purity, formule-melk, ‘n wiegie, handdoeke en ander linne geskenk het. Familie en vriende het ook hul harte en hande oopgemaak en klere, komberse, speelgoed en bababenodigdhede geskenk. Ek het ook aan elke versorger ‘n handsak met bederf-artikels in oorhandig om hulle te bedank vir hul harde werk,” het Smit gesê.
Die kriteria vir die kompetisie sluit Christenskap, innerlike skoonheid, betroubaarheid, verantwoordelikheid, kommunikasievermoë, dinamika van persoonlikheid, styl van persoonlike voorkoms, aanpasbaarheid ten opsigte van mede-deelnemers en resprek en lojaliteit teenoor mede-deelnemers en organiseerders in.
Die beoordeling fokus op die finalis se bemarkingsvermoë, haar portefeulje, publieke toespraak, beste tafeldek en dekor, gemeenskapsdiens, dinamiek as deelnemer en persoonlike groei.
Smit sê indien sy sou wen, sy beslis daarop sal fokus om meer bewusmakingsveltogte te loods en aktief betrokke te probeer wees by meer inisiatiewe wat ‘n verskil maak in ander se lewens.
Die kroning vind tydens ‘n gala-dinee op 26 Oktober plaas.
As jy wil betrokke raak, kontak gerus vir Lize du Plooy by 051-430-3311. Skenkings kan ook by Aliwalstraat 54, Arboretum, afgegee word.

JERETHA OOSTHUIZEN
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...