E Copy

Date:

Mediclinic BFN se beveilingsplan op dreef

CHRISTAL-LIZE MULLER 

Mediclinic Bloemfontein se tydelike beveilingsplan is goed op dreef nadat twee onderskeie mense in ‘n bestek van 18 maande in dié hospitaal na hul dood gespring het. Hospitaalwoordvoerder, Amanda Appelgryn, sê die beveiligingsplan geniet voorkeur.

Pogings om die hospitaal te beveiling kom nadat ‘n 19-jarige Kovsie-student, Morné van der Westhuizen, verlede maand van die hospitaal se sewende verdieping na sy dood gespring het.
 
Die tweedejaar B.Ed-student van Brandfort was by sy vriendin en mede-student, Chrisna Botha, wat in die hoësorg-eenheid was nadat sy in ‘n perdry-ongeluk die naweek beseer is. Botha is ‘n dag later in dieselfde hospitaal dood.
 
In April verlede jaar het die 46-jarige Sanli Botha ook na haar dood gespring baie naby aan die plek waar Van der Westhuizen dood is.

Volgens Appelgryn is dit noodsaaklik vir die hospitaal om voorvalle van die aard te voorkom.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...