Marion Erskine gee ‘Vlerke vir Almal’

0
5859
Marion Erskine

Marion Erskine is al op skool vertel sy skryfwerk is te kreatief, maar vandag leer daardie kreatiwiteit mense lewenslesse.

Erskine het in Westonaria grootgeword en nadat hy gematrikuleer het, het hy tale aan Pukke in Noordwes gaan studeer.

Hy woon al die afgelope tien jaar in Dubai en het voor dit vir ses jaar in Taiwan gebly.

Hy het reeds 74 lande besoek. “Ek is baie lief vir reis. EK is ‘n person of the world,” vertel hy.

Hy werk vir Emirates, so natuurlik is sy vlugte bietjie goedkoper. As hy reis, woon hy nie in vyfster-hotelle nie, sê hy. “Ek is ‘n couch surfer. Waar ek gaan, bied mense vir my ‘n bank aan en water om te was.”

Omdat hy voltyds werk, het hy nie soveel tyd vir skryf soos wat hy sou wou hê nie, maar sy nuutste boek, Vlerke vir Almal, is beslis ‘n bewys van goeie skryfwerk.

 

Die boek gaan oor ‘n seun, Dewald, wat by ‘n nuwe skool begin nadat sy lewe omtrent uitmekaar geval het. In die nuwe skool word hy geboelie oor sy spraakgebrek en hy probeer ook uitvind hoekom sy beste vriendin hom nie deel gemaak het van ‘n baie belangrike besluit in haar lewe nie.

Die boek gaan volgende jaar by die Stellenbosch Woordfees in ‘n teaterproduksie omskep word.

“Almal is skuldig daaraan dat hulle boelies is, al is ‘n mens nie noodwendig daarvan bewus nie, daarom kan die boek ‘n les vir oud en jonk leer.”

Jeretha Oosthuizen / Courant Nuus