CHRISTAL-LIZE MULLER
Die Mangaung-metro is sedert 2012 al in ‘n stryd gewikkel om onwettige plakkers te verwyder wat private grond in die H2-uitbreiding in Botshabelo beset.
Munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, sê die groot groep inwoners het egter volgehou om in hul plakkerhutte op dié grond te bly.
Volgens hom het die metro hom reeds vroeg na die hof wend waarna ‘n uitsettings en arrestasie bevel in 2012 deur die Vrystaatse hooggeregshof uitgereik is wat die metro toelaat om die groep te verwyder. Daarmee saam kon die eienaar van die private grond ook sy eiendom terugkry.
Khedama sê metro het elke moontlike stap geneem om met die groep te vergader. Hy meen egter hulle het hul nie veel aan die metro se pogings gesteur nie en daar is intussen selfs drie baksteen- huise op ‘n deel van die grond gebou.
Khedama sê die metro het ‘n alternatiewe opsie aan die plakkers gebied.
Khedama sê gister se uitsetting is ‘n laaste poging deur die munisipaliteit nadat die groep al vir ‘n geruime tyd weet hulle is onwetting.

From left are Andries Mphono holding his daughter Amanda, his son, Ayanda, Mantoa Tsie and their daughter Yandiswa. PHOTO Christal-Lize Muller







