Mahoney en Baragwanath maak skoonskip in Ventersburg 400

0
Mahoney en Baragwanath maak skoonskip in Ventersburg 400

Louwrens Mahoney (Brother Broadlink KTM) het die 2012 Suid-Afrikaanse Nasionale Veldrenkampioenskap-reeks tydens die Ventersdorp 400 vandeesmaand met ’n sesde sege in die motorfietskategorie afgerond, terwyl Brian Baragwanath (Lonestar PEP Yamaha) sy tweede oorwinning van die seisoen in die vierwielmotorfietsafdeling aangeteken het.
Mahoney, wat reeds die nasionale titel vir 2012 ingepalm het en die OR1 (Oopklas)-kampioen is, en Baragwanath het die taai ren vanuit die voorste wegspringposisie aangepak nadat hulle die vinnigste tye in Vrydag se 60 kilometer-voorren aangeteken het.
In die motorfietsafdeling het sake vinnig verander toe Mahoney se spanmaat, Riaan van Niekerk, meganiese probleme ontwikkel het en die stryd vir die tweede plek tussen nóg ’n spanmaat, Altus de Wet, en Chris Webster (Micks Motorcycles Yamaha) voortgesit is. Intense hitte, ’n taai roete en fiksheid het ’n rol in die uitslag gespeel met De Wet wat die stryd gewen het deur tweede ná Mahoney te eindig. Hy het die OR2 (250cc-klas) te wen, maar die oorlog teen Webster verloor. Webster se vierde plek was goed genoeg om hom van die tweede plek vir die seisoen te verseker.
In die vierwielmotorfietsafdeling het Baragwanath twee keer struikelblokke oorkom om gerieflik voor John Aylward (Yamaha) geëindig. Heelparty vierwielmotorfiets-deelnemers, insluitende Aylward en Jurie Meyer (Yamaha Support), het in modder vasgeval, maar ’n derde plek vir Meyer was genoeg om hom die 2012-titel voor sy grootste teenstander, André du Plessis (Evolution Racing-Suzuki), te besorg.
In die senior motorfietsklas het die verdedigende kampioen, Wayne Farmer (LCP Racing-KTM), ook die stryd gewen deur sy vierde sege van die seisoen aan te teken, maar Guy Henley (Out of Africa Kawasaki Racing) het die oorlog gewen deur die 2012-titel met sy tweede plek by Ventersdorp in te palm.
Russel Ferreira (Sandpalm Doors Honda) het die senior vierwielklas gerieflik gewen. ’n Tweede plek was genoeg vir Amanda Eardley (EPS Racing Can-Am) om die titel voor Peter Schenk (Thesen’s Generators Honda) weg te raap.
• Twee Bloemfontein-ryers, wat deur Salley’s Yamaha geborg word, het goed gevaar. Wade Blaauw het tweede in die OR2-klaskampioenskap geëindig en was tiende algeheel terwyl Meiring Vermeulen tweede in die OR4-klas vir ryers onder 21 geëindig het.

No posts to display