E Copy

Date:

Twee Vrystaters blaas in vier rugbytoetse

GEORG VAN ECK

Drie Suid-Afrikaners, Craig Joubert (KZN-Natal), Jaco Peyper en Lourens van der Merwe (Vrystaat), is deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) aangewys om in vyf toetse oorsee te blaas.
Die drie Britse blasers, wat die Springbokke se toetse in die Noordelike Halfrond sal beheer, is ook aangekondig. Wayne Barnes van Engeland blaas in die Bokke se eerste toets op 10 November teen Ierland in Dublin. George Clancy van Ierland blaas in die tweede toets op 17 November teen Skotland op Murrayfield in Edinburg en die Walliese blaser sal op Twickenham in Londen blaas wanneer die Bokke die Engelse Rose op 24 November pak.
Dié drietal het al vanjaar vir die Bokke geblaas en hul benadering sal dus goed deur die Bok-kamp bestudeer en ontleed kan word.
Peyper en Van der Merwe sal albei in twee toetse blaas. Peyper se eerste is in Boekarest, Roemenië tussen die tuisspan en Japan op 10 November en twee weke later die kragmeting tussen Ierland en Argentinië in Dublin.
Van der Merwe beheer op 17 November die toets tussen Kanada en Rusland in Colwynbaai, Wallis en op 24 November blaas hy in Florence, Italië vir die tuisspan teen die Wallabies van Australië.
Joubert is op 24 November in askie wanneer die All Blacks en Wallis mekaar in die Millennium-stadion by Cardiff pak. Die drie Suid-Afrikaners sal ook in ander toetse as assistant-skeidregters ingespan word.
Volgens die IRR se woordvoerder is die blasers se vertonings tydens Junie en die Castle Rugbykampioenskappe vanjaar deur die keurkomitee vir wedstrydbeamptes van die IRR in aanmerking geneem toe die blasers aangestel is. Bestendigheid was een van die deurslaggewende kriteria vir die komitee se keuses.
John Jeffrey, voorsitter van die keuringskomitee vir wedstrydbeamptes, het daarop gewys dat die ongekende baie toetse wat die volgende paar weke gespeel word, sy komitee die kans gegee het om opkomende blasers vir opwindende toetse aan te stel.

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...